"Vlermuise en Evolusie"
deur Ron Lyttle   (Translated by Marlize Chamberlain)
http://www.creationism.org/afrikaans/bats_af.htm

Het jy al ooit op na die lug gestaar op ‘n warm somers aand soos wat duisternis die land omsingel, en vlieënde kreature sien pyl en neerskiet deur die lug? Voëls, is wat jy eers gedink het, maar soos wat jy kyk is daar ‘n fladderende, draaiende, vallende beweging aan hul vlug wat nie reg is vir voëls nie.  Jy besef skielik, vlermuise! En jy is óf bly vir die kans om hulle in aksie te sien, óf ‘n bietjie bang omdat mites van Dracula en vampiere, saam met kommer oor hondsdolheid, in jou gedagtes opspring.

Deur die jare was vlermuise die goed van mites en legendes wat misverstaan en gevrees was.  Maar wat is vlermuise, en waar kom hulle vandaan?

   WAT IS VLERMUISE?
Vlermuise is soogdiere.  Hulle is bedek met hare, gee lewendig geboorte en soog hulle kleintjies met spene wat aan die kante onder hul vlerke geplaas is.  Maar wat hulle uniek onder soogdiere maak is die feit dat hulle nie net perfek ontwerp is om onderstebo te hang nie, soos die luiaard, maar hulle kan ook vlieg.  Hulle is die enigste vlieënde soogdiere.  Vlieënde eekhorings en vlieënde bosape kan slegs sweef; net vlermuise vlieg aktief.


Vlermuise is nie knaagdiere nie, alhoewel baie mense aan hulle dink as muise met vlerke, en inderdaad, die lede van die genus Myotis (insluitend die algemene Klein Bruin Vlermuis, Myotis lucifugus) word die muisoor vlermuise genoem.  Maar hulle kry net een kleintjie per jaar (‘n paar kry tweelinge of tot en met vier), en lewe vir twaalf tot dertig jaar of meer, afhangende van die spesie.  Vlermuise is so uniek dat hulle in hul eie klas geplaas word, Klas Chiroptera, wat beteken "handvlerkige".  Soos die naam impliseer, bestaan hul vlerke uit ‘n arm wat in ‘n gewrig eindig, met ‘n duim en vier aparte vingers wat bindvliese van vel het, en vorm die ribbe van die vlerk.  By kontras, ‘n voël se vlerk besit ‘n gereduseerde hoeveelheid “vingerbene”.  Wanner vlermuise nie vlieg nie, vou hulle hul vingers terug na hul voorarms, uit die pad.  Waar die duime van die meeste insek-etende vlermuise, wat hul prooi op die vlerk vang, klein en swak is, het die groot vrugte-etende vlermuise, wat vlieende jakkelse (vir hulle jakkalsagtige of hondagtige gesigte) genoem word, baie lank en sterk duime met gedraaide “duimnaels” soos kloue het, wat hulle gebruik om bome te klim en vrugte vas te hou. Vlermuis vingers het dieselfde hoeveelheid bene was wat ons het, maar is heelwat langer in proporsie.  Die laaste been van die “middelvinger” van die Rodrigues vlermuis (Pteropus rodricencis), byvoorbeeld, is eintlik agter die elmboog wanner hulle rus.  Kyk na jou vingers en voorarm; probeer om jou vinger onder teen jou arm te vou, en verbeel jou dat jou vingers verby jou elmboog verleng is.  Maar moenie vergeet om jou duim vorentoe te verleng vir vasgryp en klim nie.  Dan is daar die bindvlies wat al die vingers behalwe die duim verbind, en verleng al die pad langs die arm en liggaam tot by die enkel, en in die meeste spesies hou dit aan om die hele of gedeelte van die stert te omvat.  Wanneer vlermuise hul vingers en arms uitstrek, is hul vlerke reg vir vlug.  Deur hul “hande” te vorm, beheer hulle die vorm van hul vlerke.  Vertraagde fotografie (National Geographic Video) het eintlik insek-etende vlermuise gewys wat insekte opskraap in hul vlerk- en stertmembrane en hulle oorplaas na hul monde in die middel van hul vlug.  Hulle is werklik unieke soogdiere.

Dié klas is verdeel in twee sub-klasse, Megachiroptera, die “groot vlermuise", en Microchiroptera, die “klein vlermuise".  Al die insek vlermuise is mikro-vlermuise; die ou-wêreld vrugte vlermuise; die vlieënde jakkelsete is mega-vlermuise.  Die res is in een of die ander, hoofsaaklik volgens hul grootte.  Die sisteem breek egter af aangesien sommige mikro’s, soos die klein Jamaikaanse vrugte vlermuis (Artibeus jamaicencis) vrugte eet, en een vlieënde jakkels, die Queensland bloeisel vlermuis (Syconycteris australis), weeg slegs ‘n halwe onse.

   EVOLUSIONÊRE OORSPRONGE
Aangesien die meeste vlermuise insekte eet, het evolusioniste tradisioneel geleer dat vlermuise ontvou het van primitiewe insektivore, asook spitsmuise, molle, ens.  Vrugte-eters het slegs hul dieet verander as gevolg van ekologiese drukke.

Toe, in die vroeë 80’s, het J. D. Smith (Smith pp. 347-365) voorgestel dat mega-vlermuise en mikro-vlermuise apart ontvou het omdat daar baie fisiologiese verskille tussen die twee anders as net hul grootte is.  Mikro-vlermuise het ‘n ingewikkelde skouerlit en ‘n klou op die duim, byvoorbeeld, terwyl mega-vlermuise ‘n eenvoudige skourlit maar ‘n klou op beide die duim en eerste vinger het.  Mikros gebruik eggoplasing, terwyl makros hoofsaaklik van hul skerp sig afhanklik is. Mikro-tande is ontwerp vir prooi, terwyl mega-tande plantgedeeltes maal.  Mega-vlermuise kan slegs in tropiese gedeeltes lewe en benodig jaarom kosvoorraad; baie mikro-vlermuise het die vermoë om deur koue winters te hiberneer.

In 1986 het Dr. John Pettigrew voorgestel dat vlieënde jakkalse meer na die primate trek (Pettigrew p. 1), en dat hulle, saam met vlieënde bosape, wat ook hulle eie klas het maar nie eintlik vlieg nie, ‘n algemene voorvaarder met die primate deel.

Hy het sy gevolgtrekkings gebaseer op navorsing wat gewys het dat primate unieke neurale paaie, wat met sig te doen het, in die brein het en dat dié paaie só uniek is dat dit bedenk was dat hulle primate van nie-primate onderskei.  Dr. Pettigrew het ontdek dat alle vlieënde jakkelse ook dit het, insluitende die bogenoemde klein bloeisel vlermuise, maar geen mikro-vlermuise nie.  Omdat die vlieënde bosape ook hierdie paaie het, het hy voorgestel dat hulle almal eintlik primate is, wat ‘n algemene voorvader deel en dat kragvlug in vlermuise wat ‘n tweede keer ontvou het later in evolusionêre geskiedenis, net toevallig met dié van mikro-vlermuise ooreenkom.

Van toe af, egter, het ander navorsers sy “twee-oorsprong” idee uitgedaag (Gibbons p. 34).  Studies met mitochondriale DNS het gewys dat alle vlermuise is na verwant is, en apart van primate.  Ook, daar is ‘n spierkompleks in die vlerke van alle vlermuise wat anders as dié van voëls en alle sweefende soogdiere is.

In plaas daarvan om te sê dat al die soortgelyke aanpassings benodig vir kragvlug ontvou het in die twee groepe van vlermuise, is die alteRNStiewe verduideliking dat dit eintlik die soortgelyke neurale paaie is wat met visuele skerpte geassosieer word, wat onafhanklik in vlieënde jakkelse, vlieënde bosape en primate ontstaan het, omdat almal afhanklik is van hul sig om kos te vind.  Die mikro-vlermuise, in kontras, is meestal afhanklik van hul gehoor in eggoplasing, en het nooit hierdie paaie ontwikkel nie.

   BEWYSE
Om die oorspronge van vlermuise te probeer verstaan, kan navorsers lewendige diere studeer, maar niemand was daar miljoene jare gelede om die vorming van vlermuise te aanskou nie, so hulle moet op fossiele staat maak om die bewyse te verskaf van wat hulle voorstel.  Wat is dan die bewyse? Wat sê fossiele? In Bioscience, Mei 1992, vind ons hierdie aanhaling:
"Unfortunately, the fossils available only complicate matters.  They do not represent transitional morphology between quadrupedal (four-footed) animals and flying bats, and they represent animals nearly as specialized as their modern relative"  (Thewessin p. 340).

En in Bats: A Natural History, sê John Hill amper presies dieselfde ding:
 "...all fossil bats, even the oldest, are clearly fully-developed bats and so they shed little light on the transition from their terrestrial ancestor" (Hill p. 33).

Die oudste bekende geraamte, kwansuis 60 miljoen jaar oud (Wilson p. 79), is ‘n volgevormde vlermuis wat blykbaar kon eggoplaas (UCMP Berkeley).

Wanneer jy ‘n evolusionis vra om jou die voorvader van ‘n vlermuis te wys, sal hy, in alle waarskynlikheid (soos die ZooBooks volume op "Vlermuise"), aan jou ‘n mitologiese kreatuur wys met verlengde ledemate, verbind met gestrekte vel wat van tak tot tak sweef soos ‘n moderne vlieënde eekhoring.  Dit sal pote hê aan al vier ledemate, en kan sittend op ‘n tak gesien word met velvoue wat afhang (Wood en Rink, p. 6).  Wat die evolusionis jou nie sal wys nie is enige soort van oorgang tussen pote gebruik vir staan en hardloop, en handvlerke gebruik vir vlieg.  Hy sal jou nie wys nie want daar is geen fossiel van so ‘n kreatuur nie, en hy kan hom nie verbeel hoe so ‘n kreatuur sal lyk nie. Hy kan ook nie verduidelik hoe “oorlewing van die sterkste” dit kan produseer nie.  By ‘n sekere punt sal verlengde voortone inmeng met viervoetige beweging voordat hulle die ribbes kan word van funksionele vlerke.  En hoekom en hoe onderstebo? Voëls sit baie gemaklik met die regte kant bo.  Hoe draai “oorlewing van die sterkste” ‘n dier onderstebo met al die fisiologiese verandering wat benodig word vir die houding van daardie posisie? Probeer om te sluk terwyl jy onderstebo hang.  En wat gebeur met jou bloed na ‘n rukkie? Tog eet, slaap en paar vlermuise onderstebo, en baie gee ook geboorte in daardie posisie.

   MEGANISMES VAN EVOLUSIE
"Oorlewing van die sterkste" is helfde van die standaard antwoord wanneer evolusioniste gevra word oor die meganismes van evolusie.  Hulle sal wys na voorbeelde soos Darwin se bekende vinke, of bakterië wat imuun word teen antibiotias wat teen hulle gebruik word.  Maar is hierdie voorbeelde van evolusie of selektiewe broeiing? Is daar enige nuwe inligting vandag?

In 1859 het Charles Darwin sy Origin of Species gepubliseer, waarin hy sy konsep van die evolusionêre ontwikkeling van spesies voorgelê het, gebasseer op sy observasies in die Galapagos Eilande.  Daar het hy beskou dat, terwyl daar vinke op al die eilande is, soortgelyk aan die vinke op die vasteland van Suid-Amerika, die voëls op elke eiland verkil in bekvorm (ooreenstemmend met verkil in dieet) en in kleur, beide van mekaar en van die “ouer” vorm op die vasteland.  Soortgelyke verskille was geobserveer met spesies van skilpaaie en akkedisse wat op die eilande gevind word (Darwin p. vi).  Alhoewel hy erken het dat fossiel bewyse nie sy idees ondersteun nie (Darwin pp 272-3, 423), het Darwin veronderstel dat dieselfde drukke wat so ‘n variasie in voëls veroorsaak het, ook rekenskap gee vir die groter verskille tussen spesies, families en andere, en dat almal van ‘n algemene voorvader moes ontvou het, met ‘n akkumulasie van baie klein veranderinge iewers in die vroeë verlede.  Die meeste moderne evolusionêre denke het “ontvou” van hierdie vroeë observasies en denke.

Ongelukkig was ‘n ander bekende sel observasies nie gepubliseer tot 1866, sewe jaar later, nie.  Dit was toe Gregor Mendel sy observasies en eksperimente met die kleur van ertjie blomme gerapporteer het (World Book Encyclopedia vol. 9 p 202).  Hy het opgemerk dat ertjies in sy tuin óf rooi óf wit blomme het en hy het ontdek dat deur die noukeurige kontrolering van die oorsprong van bestuiwing, hy ertjies kon produseer met slegs wit of slegs rooi blomme, of die met ‘n mengsel van die twee, en dat daar ‘n gereëlde en voorspelbare patroon van die een generasie tot die ander is.  Ek het “ongelukkig” gesê omdat, voor dit, die meganisme van oorerwing nie verstaan was nie en mense het gedink dat karakterseienskappe verkry van een dier of plant, na sy nageslag oorgedra kon word, en niemand het geweet hoekom ‘n rooi-geblomde ertjieplant ertjies kon produseer wat óf rooi óf wit blomme het nie (World Book Encyclopedia, vol. 9 p. 208, vol. 13, p. 398).  Inderdaad, dit was nie tot en met 1900 nie dat die belangrikheid van Mendel se werk verstaan was nie, en dat konsepte toegepas word op ander eienskappe in beide plante en diereI, wat gelei het tot die moderne wetenskap van genetika.  Het Darwin geweet van gene en kromosone en hoe hulle oorerwing beïnvloed, sou hy dalk agter gekom het dat, soos Mendel selektief alle rooi-geblomde of alle wit-geblomde ertjies kon produseer, so produseer “natuurlike seleksie” vinke met verskillende bekvorms en kleure.  Die potensiaal vir verskillende vorms en kleure was teenwoordig in die oorspronklike populasie en geen werklike verandering of “mutasie” het gebreur nie.  Wat Darwin as verskillende spesies gesien het, kan in werklikheid nie meer gewees het as die uiterste variasie tussen ‘n “great Dane” en ‘n Chijuahua (albei is honde) of tussen ‘n miniatuur perd en ‘n Clydesdale (beide is perde) nie.  Hierdie uiterstes, terwyl hulle aanskoulik “duidelike” verskillende spesies altesame is, is eintlik geneties (indien nie meganises) in staat om te interbroei en lewensvatbare nageslagte te produseer.

So is dit met die bakterië.  In enige “normale” populasie is daar a paar individue wat dwelms sal oorleef wat al die ander sal dood maak.  Waaneer net hierdie oor is om voort te plant, eindig jy op met ‘n nuwe populasie van dwelm-weerstaanbare bakterië, maar geen mutasie het gebeur nie, in teenstelling met populêre literatuur (Wieland p.11).

In al hierdie voorbeelde is daar geen wins in genetiese materiaal nie, geen toeneme van inligting nie.  Soos ertjies wat slegs rooi of slegs wit blomme produseer, die gene verloor het wat kodeer vir die ander kleur, so ook die voëls met kort, swaar bekke die vermoë verloor het om lang, slankes te produseer, en die bakteria die potensiaal verloor het wat hulle voorheen gehad het. As omgewingsomstandighede verander, is hulle nou minder aanpasbaar, nie meer nie.  Evolusie, aan die ander kand, vereis ‘n wins in inligting om nuwe spesies te produseer.  Andersins bly amoebas, amoebas, visse bly visse en vlermuise kom van ander vlermuise.

"Mutasie" is die ander helfde van die standaard verduideliking van evolusie.  Dit is veronderstel dat oor ontelbare generasies foute plaas gevind het in die genetiese kode wat nuwe eienskappe geproduseer het, en dat, met genoeg tyd en foute, ‘n nuew spesie die gevolg is.  Maar is hierdie goeie wetenskap of slegs wenslike denke?

Elke lewende ding, van die eenvoudigste virus tot die komplekste dier, bevat baie komplekse verbindings genoemd nukleolus suur in sy selle.  Daar is twee vorms genoemd ribonukleolus suur (RNS) en deoksiribonukleolus suur (DNS) (World Book Encyclopedia vol. 14 pp. 602-603).  Virusse bevat slegs een of die ander, maar selle bevat beide.  Terwyl RNS protiëne vervaardiging beheer, is DNS die hoofkomponent in kromosone, wat die bloudruk of patroon of oorerwing verskaf.  Elke keer wat ‘n sel in twee deel, moet die RNS in die selliggaam en die DNS in die nukleus presies gedupliseer word, met een kopie wat met elke sel gaan.  DNS is a verskriklikke komplekse molekule wat lyk na ‘n lang leer wat gedraai is in ‘n spiraal.  Die kante van die leer bestaan uit verbindings genoemd fosfate en suikers, terwyl die “ronge” bestaan uit twee of vier moontlike basisse in alle moontlike kombinasies.  Die presiese opmaak of orde van “ronge” verskil van een soort lewende ding tot ‘n ander.  Elke DNS “leer” het omtrent 20,000 "ronge", en elke kromosoon bevat baie duisende DNS molekules.  RNS het ‘n soortgelyke struktuur, maar die suiker is anders en een van die vier basisse is ook anders.

Aangesien dit die kromosoniese DNS (en in sommige gevalle RNS) is wat die bloudruk vir elke sel en individu verskaf, as enige van die duisende ronge beskadig word of as verskillende kombinasies vervang word in die kopie, sal daardie sel gebrekkig wees.  In teenstelling met populêre denke, verswak die meeste veranderinge in die DNS struktuur (mutasies) by beste, en maak die sel dood by ergste.  Slegs ‘n mindere is neutraal, en voordelige verandering is feitlik nie-bestaande (Sunderland pp 142-143).  Om ‘n gesonde, heeltemal funksionele individu te produseer, moet elke kopie van DNS en RNS identies wees tot die oorspronklike, tot by die laaste “rong”.  “Verswakte skubbe” in dinosauresse kan nie logies en wetenskaplik muteer in byvoorbeeld wonderbaarlike komplekse voëlvere nie; veel teveel genetiese inligting is nodig om by te voeg om dit te bereik, en mutasies voeg nie inligting by nie (Sunderland p 154).  In ‘n paar skaars gevalle was daar ‘n mutasie wat ‘n bakterium toelaat om die effekte van ‘n antibiotika te vermy, maar slegs omdat die mutasie ‘n normale funksie geblok het waarvoor die dwelm ontwerp is om voordeel uit te trek (Wieland p. 12); weereens, dit stel ‘n verlies van inligting voor, nie ‘n wins nie.

Dus, “oorlewing van die sterkste” en “mutasies” kan nie logies die volle funksionele handvlerk wat in die oudste bekende vlermuisfossiele gevind is produseer nie, maak nie saak hoeveel tyd toegelaat word nie, maar Darwin het dit nie verstaan nie.  Hy het blindelings net so ‘n ontwikkeling aangeneem, en sê "Ook kan ek nie enige onoorkomlike moorlikheid" (Darwin, p. 142) vind in om van ‘n sweefende dier tot ‘n vlermuis te kom in baie klein stappe nie, nie verstaande net hoe belaglik hulle is in die lig van moderne verstaning van genetika en DNS nie.

   DIE ALTERNSTIEF
‘n Baie eenvoudiger verduideliking is dat vlermuise, soos karre en vliegtuie, die produk van ‘n baie versigtige en intelligente ontwerp is; al die verskillinde vorms en kenmerke bevoeg verskillende vlermuise om in verskillende ekologiese plekkies te funksioneer.  Al die anatomiese besonderhede wat nodig is om te vlieg en onderstebo te hang is aan gedink en “geprogrameer” in die genetiese kode.  Vlermuisvoete is totaal ontspanne wanneer hulle hang (Dr. Blair Csuti, Persoonlike kommunikasie, Oktober 17,1998), en benodig moeite om te laat gaan; hoe het hulle “ontvou”? Bracken Grot, in suid-sentrale Texas, is die huis van omtrent 20 miljoen Meksikaanse vrystert vlermuise (McCracken pp 67-68).  Elke vlermuise moet die eggo van sy eie roep erken in die middel van miljoene ander eggos om botsings te voorkom en om sy weg te vind.  Hoe het daardie vermoë ontwikkel deur toevallige mutasies?

Die probleem met die aanvaarding van intelligente ontwerp is nie dat dit onwetenskaplik is nie; soos wat dit al klaar behandel is, is dit evolusie wat eintlik onwetenskaplik is in sy voorstellings.  Nee, die werklike probleem is dat wanner jy intelligente ontwerp aanvaar, jy ‘n ontwerper moet hê.  Om die natuur en identiteit van daardie Ontwerper te bepaal gaan in die gebied van geloof, en as daar regtig ‘n Ontwerper is, dan miskien is die Bybel waar wanneer dit praat van ‘n God wat eis dat Hy die heelal en alles daarin geskep het, en miskien het mense sekere rekenskap tot daardie Skepper.  Vir baie mense, wetenskaplikes en die leek, is daardie rekenskap onaanvaarbaar, ondenkbaar.  Daar moet dus ‘n verduideliking wees wat nie ‘n Skepper vereis nie (en hulle sal tot groot lengtes gaan, die feite verdraai en ignoreer, om met so ‘n verduideliking op te kom).  Dit is die werklike probleem met die aanvaarding van ontwerp in plaas van toevallige evolusie, afgesien van wat die feite aandui.  Eintlik, verskeie eerlike wetenskaplikes dring aan dat die feite wel bewyse van intelligente ontwerp wys (sien Dr. Michael Behe, Darwin's Black Box, en Dr. Michael Denton, Evolution: A Theory in Crisis, net om twee met boeke te noem; daar is baie meer).

Sterrekundiges spandeer miljoene dollars aan die bou en gebruik van groot radio-teleskope op soek na nie-toevallige radio seine van die buite-ruimte.  Daar word geglo dat ‘n nie-toevallige, ordelike reeks ‘n teken van intelligensie “daar buite” sal wees, omdat dit nie deur ‘n toevallige sterre-aktiwiteit kan gebeur nie.  Maar wanneer molekulêre bioloë na die studie van DNS molekules draai, word die wonderbaarlike nie-toevallige reekse wat hulle sien beskou as slegs toevallige ongelukke.  Maak dit sin? Is dit wetenskaplik?

By die afsluiting van hierdie book, Evolution: A Theory in Crisis, som Denton dit soos volg op:

"...no one has ever observed the interconnecting continuum of functional forms [Darwin's many small steps] linking all known past and present species of life.  The concept of the continuity of nature has existed in the mind of man, never in the facts of nature.  In a very real sense, therefore, advocacy of the doctrine of continuity has always necessitated a retreat from pure empiricism, and contrary to what is widely assumed by evolutionary biologists today, it has always been the anti-evolutionists, not the evolutionists, in the scientific community who have stuck rigidly to the facts and adhered to a more strictly empirical approach"  (Denton pp.353-354).

Het vlermuise bloot ontvou, of is hulle intelligent ontwerp? Dink daaraan.  Wees eerlik.
 

   VERWYSINGS
Behe, Michael (1996).  Darwin's Black Box: the Biochemical Challenge to Evolution, The Free Press, New York, N.Y.
Darwin, Charles (1872, reprint 1963).  On The Origin of Species by Means of Natural Selection, 6th ed. (with new preface), The Heritage Press, New York, N.Y.
Denton, Michael (1986).  Evolution: A Theory in Crisis, Adler & Adler, Bethesda, Maryland.
Gibbons, Ann (1992).  Is "Flying Primate" Hypothesis Headed for a Crash Landing?  Science, Apr. 3, v. 256 n. 5053, p. 34.
Hill, John E., and James D. Smith (1984).  Bats:  A Natural History, University of Texas Press, Austin.
McCracken, Gary F., and Mary K. Gustin (1987).  Batmom's Daily Nightmare, Natural History, Oct., v. 96  n. 10, pp. 66-73.
National Geographic Society (1973).  Strange Creatures of the Night [Video].
Pettigrew, Dr. John D. (1986).  Are Flying Foxes Really Primates?  Bats, Jun. v. 3 n. 2, pp. 1-2.
Smith, J. D., and G. Madkour (1980).  Penial Morphology and the Question of Chiropteran Phylogeny, Proceedings of the 5th International Bat Research Conference, Texas Tech Press, pp. 347-365.
Sunderland, Luther D. (1988).  Darwin's Enigma, 4th Ed., Master Book Publishers, Santee, CA.
Thewissen, J. G. M., and S. K. Babcock (1992).  The Origin of Flight in Bats, BioScience, May, v. 42 n. 5, pp. 340-345.
UCMP Berkeley (1999).  Chiroptera:  Fossil Record.  [On-Line].  Available:  http://www.UCMP.Berkeley.EDU/mammal/eutheria/chirofr.html.
Wilson, Don E. (1997).  Bats in Question, Smithsonian Institute Press, Washington D. C.
Wood, Linda C. and Deane Rink (1994).  ZooBooks: "Bats". California: Wildlife Education Ltd.
World Book Encyclopedia (1999).  Heredity, v. 9 pp. 200-210.
World Book Encyclopedia (1999).  Mendel, Gregor Johann, v. 13 p. 398.
World Book Encyclopedia (1999).  Nucleic Acid, v. 14, pp. 602-603.
 


Ron Lyttle is ’n vrywillige “Diere Prater” by die Oregon Dieretuin in Portland, en spesialiseer in vlermuise van reg oor die wêreld. Inderdaad, hy is eintlik deur sy kollegas en toeriste verwys as: “Batman”.  Hy het die onderstaande artikel geskryf en het saam gestem om sy insluiting toe te laat op hierdie webbladsy.  Ron is ook ’n aktiewe lid van DSA, Oregon se "Design Science Association" vir die studie van skepping/evolusie sake. 

"Vlermuise en Evolusie"   ("Bats and Evolution")
<http://www.creationism.org/afrikaans/bats_af.htm>



Tuisblad:  Afrikaans
www.creationism.org