Die Verdwynende Bewyse van Evolusie
Boek deur:  Thomas F. Heinze  ·  ©2005  ·  96 bladsye
  Tuisblad: Afrikaans
      Introduction
  Hoofstuk 1
  Hoofstuk 2
  Hoofstuk 3
  Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
  Hoofstuk 6
  Hoofstuk 7
  Hoofstuk 8
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap05_af.htm>
Hoofstuk 5
Onontwikkelde Organe, Evolusie se Oorblyfsels?

Evolusioniste redeneer dat organe bestaan wat geen funksie het nie maar wat meer gehad het in minder ontwikkelde diere. Hulle noem die organe onontwikkelde of elementêre organe. In die soeke na bewyse vir evolusie het generasies wetenskaplikes ongeveer een honderd en tagtig organe in die mens gevind wat geen funksie het nie. Sommige hiervan is meer ontwikkeld in laer klas diere.


Charles Darwin
Hierdie organe is op 'n stadium grootliks gebruik as bewys van evolusie. Maar met die ontwikkeling in die wetenskap is daar uitgevind dat baie van die kliere was wat baie noodsaaklike hormone produseer. Ander is eer uitgevind funksioneer in die embriotiese fase, terwyl ander weer net gebruik word as reserwes wanneer ander organe verwoes is. Sommige funksioneer net in tye van nood. Deesdae word baie min organe geag onontwikkeld te wees en baie wetenskaplikes glo dat almal funksioneel is. Dit is vir my vreemd aangesien die meeste mutasies nadelig is en dit sal verwag word dat hulle maklik ander organe kan verwoes. Om 'n nuwe orgaan te ontwikkel blyk moeilik te wees. Dit sal vereis dat lukrake verandering moet plaasvind om nuwe kodes te skryf vir nuwe protiëne om spiere, bene, senuwee, bloedvate te vorm wat almal laat saamwerk.

Dit sal voorkom asof 'n mutasie wat die funksie enige van die parte van 'n orgaan vernietig het, die orgaan se funksie ook laat verloor. Ek, soos evolusioniste, sal verwag dat daar baie onontwikkelde organe is, en ek is verbaas dat met die verhoogde kennis van die mens sogenaamde onontwikkelde organe so verminder het.

Afdraande Evolution

Aangesien daar nie 'n bewys is dat nuwe organe tot stand gekom het agv evolusie nie, word die argument rondom onontwikkelde organe gebruik in 'n poging om afwaartse bewyse te gebruik om opwaartse evolusie te bewys. Die gebrek aan genetiese informasie is nie 'n bewys dat evolusie nuwe inligting kan genereer om nuwe organe te skep nie. Dit is asof iemand gedemonstreet het dat 'n kind met 'n hammer kan die enjinkap van jou motor beskadig en gebruik dit dan as bewys dat 'n kind met 'n hammer jou motor gemaak het. Evolusioniste gebruik afwaartse voorbeelde om ons te oortuig van 'n opwaartse evolusie omdat hulle nie bewyse het van opwaartse evolusie nie.

Die Blindederm

Die onontwikkelde orgaan wat die meeste gebruik word as voorbeeld om "evolusie te bewys" is die blindederm.

In sommige "minder ontwikkelde" diere is die blindederm groter as die van die mens. Dit word genoem dat die mens ontwikkel het vanaf hipotetiese voorvaders met groter, funksionerende blindederms wie hul blindederm behou maar van wie die funksies verlore gaan. Daar is egter diere wat mider ontwikkeld geag word wat self kleiner blindederms het as die mens en daar is ook baie diere wat geen blindederm het nie.

Volgens die Ensiklopedie Britannica toe hierdie argument nog baie populêr was is,

"Diere wat dieselfde orgaan het wat ten volle ontwikkel is en in 'n funksionele kondisie is, word geag om naby te wees aan die voorvader van die dier wie die onontwikkelde orgaan het." (1)

Hierdie idee sal 'n mens se voorouers nader aan 'n buideldier en hase wie se blindederms goed ontwikkel is, as aan baie ape wie nie blindederms het nie. Wanneer ons onontwikkelde organe bepreek staan die volgende in baie moderne skool boeke:

"Die menslike blindederm, 'n klein vingeragtige projektasie van die ingewande, het sover bekend, geen funksie nie." (2)

Hierdie verklaring is nie waar nie. Dit is alreeds vir 'n paar jaar bekend dat die mens se blindederm 'n funksie het. Net soos die mangels, bevat dit limfvat weefsel wat infeksies teewerk. Indien geen funksie gehad het nie, hoekom is dit dan nie ge-elimineer nie? Dit het inteendeel goeie bloedtoevoer, nog 'n bewys dat sy funksie belangrik is. (3)

Kopvel en Oor Spiere

Die spiere wat ons kopvel en ore beweeg word dikwels geag onontwikkeld te wees in die mens. Perde gebruik dit ook om vlieë weg te jaag. In die mens word dit aangeneem dat hulle, hul funksie verloor het en nutteloos geword het. Myne is nie nutteloos nie. Ek kan mykopvel en ore maklik beweeg en soms die een of die ander beweeg om vlieë te verjaag. Evolusie skrywers wie die argument gebruik is ernstig gestrem. Hulle moet hulle hande van die sleutelbord oplig elke keer wanneer 'n vlieg hul nader, so ek sal hulle waarskynlik elimineer in 'n stryd om oorlewing van die fikste.

Vanwaar Het Nuwe Organe Gekom?

Of onontwikkelde organe nou min of baie is, is hulle net weer voorbeelde van afwaartse evolusie om opwaartse evolusie te versterk. Dit is maklik om te sien hoe lukrake kopie foute goeie organe kan ruineer. Die ware probleem is egter: hoe kon sulke mutasies nuwe funksionele organe produseer? Dit is nie net moeilik in teorie nie en die fossiel rekord is ook nie van veel hulp nie. In teenstelling hiermee as die miljoene organe teenwoordig vandag in lewende weses is, konstant ontwikkel het in die verlede, hoekom sien ons geen nuwe organe aan die ontwikkel vandag nie? Mense kan sekerlik voordeel trek uit radar of sonar soos vlermuise. Ons kan dan van verder weg kommunikeer met behulp van radio golwe of mikrogolwe en wat van 'n paar nuwe organe gebasseer op idees waarvan ons nog nooit gehoor het nie? Die waarheid is egter dat nie volkome strukture wat nog geen funksies het nie, ge-elimineer sal word. Hulle sal nie ontwikkel in organe nie.

Toevallige mutasies kan baie maklik funksionele organe verwoes, hoe kan hulle eenigsins 'n nuwe genetiese kode ontwikkel wat die konstruksie en koördinasie aanwys van funksionele intergekonnekteerde dele?

Indien die blindederm en die spiere van die oor en kopvel wel hulle funksie verloor het, sou hulle goeie voorbeelde gewees het van afwaartse evolusie. Genetiese informasie sou verlore gegaan het. Teksboeke daarinteen noem glad nie hierdie voorbeelde om studente to oortuig dat mutasies afwaartse evolusie veroorsaak nie, maar help hulle om te glo in opwaartse evolusie. Onthou, bakterië kan nie ontwikkel in 'n biochemikus deur genetiese verlies van informasie nie, maak nie saak hoeveel hulle verloor nie.

Wees waaksaam! Bestudeer elke stukkie "bewyse" van evolusie wat aan jou getoon word on te sien of dit 'n verlies of 'n vermeerdering in informasie teweeg bring. Dit sal jou oë laat oopgaan. Indien daar bewyse is van evolusie se nuwe organe, sal die teksboeke dit gebruik in plaas daarvan om tyd en spasie te mors op organe wat hul funksie verloor het?

Nuwe Diere en Bedreigde Spesies

Die gebrek aan bewyse vir opwaartse evolusie is net so goed soos die bewys van nuwe groepe diere en nuwe organe. Die omgewings beweging is 'n direkte oorsaak van die feit dat evolusie nie nuwe tipes diere en plante voortbring om die wat uitgesterf het te vervang nie. Omgewingskundiges het goeie rede om bedreigde spesies te probeer red. Wanneer hulle uitgesterf het, is hulle verewig weg. Indien die teorie van evolusie waar was, wie sou omgegee het wat uitsterf? Vir elke kategorie van plant of dier wat uitgesterf het, sal "superieure" plant/diere opkom om hul plek in te neem. In die regte wêreld sit ons met een minder.
 

Hoofstuk 5 · "Onontwikkelde Organe, Evolusie se Oorblyfsels?"
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap05_af.htm>

Main:  Intro
www.creationism.org