Die Verdwynende Bewyse van Evolusie
Boek deur:  Thomas F. Heinze  ·  ©2005  ·  96 bladsye
  Tuisblad: Afrikaans
      Introduction
  Hoofstuk 1
  Hoofstuk 2
  Hoofstuk 3
Hoofstuk 4
  Hoofstuk 5
  Hoofstuk 6
  Hoofstuk 7
  Hoofstuk 8
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap04_af.htm>
Hoofstuk 4
Kan Evolusie Nuwe Organe Maak?

Darwin het herken dat normale verkille tussen individue bestaan. Sommige mense het swart hare, sommige blond. Sommige is groot en sommige klein. Darwin het geglo dat omdat natuurlike seleksie voortdurend individue elimineer met minder nuttige eienskappe, olifante het eventueel ontwikkel van een sellige diere.

Later het Mendel se wet van oorerwing bekend geword om mense te help om te verstaan hoe eienskappe geskommel word en oorgedra word aan hul nasate. As gevolg hiervan het wetenskaplikes opgemerk dat die proses slegs eienskappe herskommel en al die oorspronklike eienskappe behou. Dit voorsien niks nuuts nie, daar is geen manier waarop bakterië kan ontwikkel in 'n bioloog nie. As gevolg hiervan moes Darwin se idee van hoe evolusie werk hersien word.

Evolusioniste glo nou dat mutasies die bron van nuwe informasie is wat kodes vir nuwe protiëne skep eerder as dit herdistrubeer op die basis van ou informasie. Ons verwys hierna as neo-Darwinisme. Neo-Darwiniste glo dat mutasies die prinsipale bron is van nuwe generiese bevele, wat met 'n enkele sel begin, wat verskillende plante en diere produseer, insluitend die meer gevorderde spesies. Hulle vertrou ook dat mutasies wat vervolmaak is deur natuurlike seleksie alle organe tot stand gebring het: hande, kieue, brein, ens dat die eerste sel nie gehad het nie maar nou bestaan. Hierdie mutasies is wat toevallige foute veroorsaak gedurende die duplisering van DNA selle se instruksies terwyl hulle van een generasie na 'n ander oorgedra word. Hierdie frekwensie word verhoog deur uitstraling en ander tipes skade.

Mutasies Gaan Gewoonlik "Afwaarts"

Dit is bekend dat duisende siektes veroorsaak word deur mutasies. Hierdie is egter afwaartse mutasies. Geen mutasies is al ooit geidentifiseer wat dit meer kompleks maak nie of nuwe gene bevat wat nuwe bevele gee wat saamwerk om die eerste kop of stert of hand of ander liggaamsdeel wat nooit tevore bestaan het nie. Die kans dat toevallige mutasies meer komplekse verbeteringe in lewende weses maak is omtrent dieselfde as wat die outeur se kat 'n nuwe hoofstuk vir sy boek maak deur net op die sleutelbord van sy rekenaar te loop. Jy glo nie dat doellose onbeplande toevallige gebeurtenisse beter boeke kan maak nie of dat 'n verkeersongeluk die wiel uitgevind het nie. Hoekom dan glo dat toevallige mutasies jou brein geproduseer het of selfs jou klein toontjie?

Behalwe vir sommige mutasies wat neutraal is, is amper almal nadelig. Die Ensiklopedie Britannica stel dit duidelik:

"Meeste mutasies draai uit om skadelik te wees en gereeld lei tot een of ander benadeling of dood van die organisme. Om te verduidelik, dit is onwaarskynlik dat 'n mens die funksionering van 'n fyn geprakseerde horlosie kan bevorder deur dit van 'n hoë gebou te laat val. Die horlosie mag dalk beter werk maar dit is hoogs onwaarskynlik. Organismes is soveel te meer fyn geprakseer as die horlosie dat enige onbeplande verandering selfs meer nadelig is." (1)
Genoegsame bewyse ondersteun die ensiklopedie se verklaring. Onbeplande veranderinge in die kopieëring van DNA produseer regtig defekte---afwaartse evolusie. Opwaartse evolusie, die tipe wat beweer dat dit begin met een sellige gedierte en dan ontwikkel in ape en bome is nie gebaseer op bewyse nie maar op die geloof in evolusie. Indien enige opwaartse mutasies plaasvind wat verhoogde biologiese kompleksiteit veroorsaak, kan niemand 'n voorbeeld daarvan gee nie. Diegene wie nie saamstem nie gebruik die voorbeeld van sekel sel anemie, 'n dikwels dodelike oorerflike siekte onder mense wat die bloedsel se vorm vervorm. Die vervormende selle dra nie suurstof so goed nie maar die gene wat die bloed selle vervorm verskaf wel weerstand teen malaria en hierdie weerstand is die mees algemeenste voorbeeld wat gebruik word evolusioniste as voorbeeld van 'n "helpende" mutasie. Terwyl die mutasie wel 'n hulpvolle newe-effek het, is dit wel 'n hulpvaardige mutasie? Selfs al dink jy dit is, is dit nie 'n opwaartse mutasie nie. Mutasies wat die vorm van bloed selle vervorm en hulle minder effektief maak in hul funksie om suurstof te vervoer veroorsaak nie opwaartse evolusie nie. Indien opwaartse mutasies bestaan word hulle oorweldig deur tallose nadelige mutasies soos die Britannica dit stel.

Hier is 'n eksperiment wat jy self kan doen. Bestraling bespoeding die mutasie, koop dus 'n kattebak vol atomiese afval en hou dit onder jou bed. Miskien sal die kinders wat jy gaan hê super ontwikkelde genies wees. Moenie daarop staatmaak nie!
 

Die Vrugtevlieg Eksperimente

Baie laboratorium eksperimente is gedoen om meer te leer oor die effek van mutasies gebaseer op evolusie deur die vrugtevlieg te bestudeer. Omdat die wetenskaplikes die mutasies kon kies wat hulle wou preserveer het baie gehoop om goeie mutasies te sien wat die vrugtevlieg geleidelik na 'n hoër vlak sou neem, nuwe organe ontwikkel en om goed te doen wat evolusie eis dit doen.

Die mutasies wat bestudeer is het 'n hele reeks defekte getoon. Alhoewel evolusioniste dat baie konstruktiewe mutasies ook plaasvind, vind hulle dit moeilik om vas te pen. Mense wat van my verskil vertel my gewoonlik van die mutasie van herhaalde gene wat aan die vrugtevlieg 'n ekstra paar vlerke voorsien. Hulle hang afwaarts en was in die pad en hulle het nie gefunksioneer nie, so dit sou ge-elimineer word deur natuurlike seleksie.

Die waardelose vlerke help ons wel om te verstaan wat betrokke is in die byvoeging van nuwe organe. Vir mutasies om kodes te skryf vir die vlerke, indien hulle nie voorheen bestaan het nie, moes kodes ingesluit het vir nuwe proteine vir spiere, senuwee, bloedtoevoer ens, wat alles moet saamwerk. Om vlerke te dupliseer wat reeds bestaan en gewerk het sal net die duplisering van gene eis vir die hele paket. 'n Mens kan omtrent dieselfde getal totale nuwe informasie kry deur kopieë te maak van bestaande bladsye of tekse. In die vrugtevlieg voorbeeld egter, word die gene vir die vorming van ander dele van die liggaam wat werk nie gedupliseer nie, so die vlerke het nie gewerk nie. The waargeneme mutasies van vrugtevlië was nie stappe wat die vlieg laat verander in 'n mens, voël of selfs 'n vlinder nie. Hulle het geen nuwe informasie wat 'n roman nuwe organe gee nie. Hulle het nie eerns genoeg geproduseer van die bestaande vlerke se gene om ekstra vlerke te laat funksioneer nie. Die bekende Franse dierkundige Pierre Grasse het geskryf:

"Die vrugtevlieg (Drosophila melanogaster), die gunsteling insek vir genetiekuste, wie se geografiese bioptiese, stedelike en landelike genotiepes van binne na buite bekend is, blyk geen veranderinge te toon sedert die vervroë tye nie." (2)
Omdat vrugtevlieg eksperimente nie die gewenste resultaat behaal het nie, is E. coli begin gebruik. Bakterië het vorm nuwe generasies baie vinniger as vlieë. Die resultate? Volgens Grasse,
"Die leser sal saamstem dat dit verrassend is, om die minste te sê, om te probeer om evolusie te bewys en evolusie se meganismes te ontdek en dan te kies as materiaal vir hierdie studie 'n wese wat prakties gestabiliseerd is 'n biljoen jaar gelede!" (3)
Meer huidige evolusioniste vertel dat die situasie selfs erger is en verwys na die oudste fossiele "is van rotse omtrent 3.55 biljoen jaar oud, en hulle lyk identies dieselfde as die bakterië steeds op aarde vandag." (4) Baie van vandagse evolusioniste glo dat bakterië "prakties gestabiliseer" het nie net 'n biljoen jaar gelede nie maar 3.55 biljoen jaar gelede.

Bakterië, wat gewoonlik skei van mekaar elke 15 minute, ontwikkel baie vinnig in teorie. Hulle is ontwerp om goed aan te pas na veranderende omgewings, maar hulle mutasies produseer nie visse of wurms of arms of bene nie, net meer bakterië, klaarblyklik nie meer gevorderd as die wat beweer word 3.55 biljoen jaar gelede gelewe het nie.

David DeWitt verduidelik wat nodig sou wees indien die teorie van evolusie waar sou wees:

"Suksesvolle makro-evolusie eis die nuwe samestellings van NUWE informasie en NUWE gene wat NUWE protiëne produseer wat in Nuwe organe en sisteme voorkom." (5)


Afwaartse Mutasies

Publieke skool teksboeke onderdruk gewoonlik die proporsie van afwaartse mutasies of sê: "Natuurlike seleksie elimineer the nadelige mutasies." Maar omtrent twee derdes van mutasies is nadelig. Dit beteken dat hulle slegs te voorskyn kom in hul nasate wat dieselfde mutasies het van beide ouers. Nadelige mutasies kan nie vinnig uitgeroei word nie omdat natuurlike seleksie slegs die dooie nasaat kan elimineer, nie die twee derdes wie die siekte dra en oordra nie, maar self nie geaffekteer is nie. Dié skoolboek se kwotasie is reg:

"Omdat natuurlike seleksie slegs werk in gene wat uitgedruk is, is dit baie stadig om nadelige mutasies te elimineer." (6)
Boonop neig dieselfde mutasies om hulself te herhaal. As gevolg hiervan en die moeite om nadelige mutasies te elimineer, het sommige genetiese siektes wydverspreid begin voorkom.
 

Trosse Mutasies

Om 'n nuwe orgaan te vorm sal 'n aantal mutasies vereis wat nuwe spiere, senuwee, bene ens kodeer wat in 'n gekoordineerde wyse moet werk in die nuwe orgaan. Die verskeie dele van die nuwe orgaan sal geproduseer moet word min of meer dieselfde tyd om saam te werk voordat enige belangrike deel ge-elimineer sou word. Indien mutasies so gekodeerd ontwikkel het vir 'n paar belangrike dele, maar nie diegene saam wie hulle moet werk nie, sal hulle nie van hulp wees nie. Watter voordell het 'n nuwe been sonder spiere om dit te beweeg, met geen bloedvloei of senuwee nie? Mutasies wat nie funksioneel is nie neig om ge-elimineer te word deur natuurlike seleksie.

Sou 'n groot tros mutasies almal op dieselfde tyd die probleem oplos? Omdat die meeste mutasies nadelig is, sou 'n organisme wanneer dit 'n groot tros mutasies ontvang wat groot genoeg is om 'n paar voordelige mutasies te bevat wat saamwerk, sou dit ook meer nadelige mutasies bevat wat generiese siektes kan veroorsaak. Natuurlike seleksie elimineer nadelige mutasies deur die hele organisme wat dit bevat, met ander woorde organismes wat trosse mutasies ontvang ontwikkel nie, hulle gann dood.
 

Punt Mutasies

Minimale mutasies wat die verandering van net een amino suur in een protiën beheer word punt mutasies genoem. Omdat trosse mutasies neig om organismes te dood wat dit ontvang, word punt mutasies die belangrikste geag vir evolusie. Die individu wat punt mutasies ontvang oorleef gewoonlik. Drake sê:

"... punt mutasies is geneig om die geteisterde individu toe te laat om te oorleef en te reproduseer en kan dus oorgedra word en daaropvolgende generasies affekteer. Daarom in terme van menslike swaarkry, die opgetelde som van enkel geen mutasie, oorskry waarskynlik die skadelike effekte van veranderinge in chromosoom getalle of rangskikking." (7)
Punt mutasies oorleef gewoonlik, maar elkeen verander een amino suur in een protiën; nie naastenby genoeg om 'n nuwe orgaan te produseer nie. Totdat 'n nuwe orgaan kompleet genoeg is om van enige nut te wees vir 'n individu, is dit genieg om ge-elimineer te word, dit is dus moeilik om te sien hoe ount mutasies ooit nuwe organe kan maak.

Wanneer ons eers verstaan dat nie punt mutasies of groot tros mutasies nuwe organe kan maak nie, kan ons sien hoekom boeke nadelige/afwaartse of horisontale voorbeelde gebruik om evolusie bevorder in plaas daarvan om van opwaartse voorbeelde gebruik te maak. Indien jy geleer word dat mutasies evolusie veroorsaak het, vra gerus die volgende minder dreigende vraag: "Is nuwe organe ontwikkel deur punt mutasies of groter tros mutasies?" Na gelang van die antwoord kan jy paragraaf of twee aanhaal uit hierdie boek en die onderwyser bellefd vra om dit te verduidelik. Moenie daarop aandring en die kursus faal nie, kry hulle aan die dink.
 

Endnotas

1  "Life," Encyclopedia Britannica, 2002.

2  Evolution of Living Organisms, 1977, p. 130.

3  Ibid., 1977 p.87

4  Peter D. Ward, Donald Brownlee, Rare Earth: Why Complex Life is Uncommon in the Universe, 2000, p. 57.

5  David A. DeWitt, "Hox Hype: Has Macro-evolution Been Proven?" Creation Matters, a CRS Publication, Jan./Feb. 2002, p. 10.

6  Holt, Rinehart and Winston, Modern Biology, 2002, p. 304.

7  John W. Drake, "Environmental Mutagenic Hazards," Science, Vol. 187, Feb. 14, 1985, p. 505.
 

Hoofstuk 4 · "Kan Evolusie Nuwe Organe Maak?"
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap04_af.htm>

Main:  Intro
www.creationism.org