Die Verdwynende Bewyse van Evolusie
Boek deur:  Thomas F. Heinze  ·  ©2005  ·  96 bladsye
  Tuisblad: Afrikaans
      Introduction
  Hoofstuk 1
  Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
  Hoofstuk 4
  Hoofstuk 5
  Hoofstuk 6
  Hoofstuk 7
  Hoofstuk 8
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap03_af.htm>
Hoofstuk 3
Vergelykende Anatomie

Jy lyk soos 'n aap! Alhoewel dit nie heeltemal waar is nie, is daar sommige ooreenkomste. Julle beide het twee arms, twee bene en een kop, oogmerklik is daar ook baie verskille. As gevolg van die ooreenkomste sê evolusioniste gewoonlik dat of die mens ontwikkel het van die aap (Australopithecus word verkies) of dat beide 'n gemeenskaplike voorvader het.
Ek ontken nie dat ooreenkomste familie verwantskappe kan aandui nie. Jy lyk waarskynlik soos jou pa. Ooreenkomste het dikwels heeltemal verskillende betekenis. Voor jou is 'n getal boeke. Onder hulle is twee amper identies. Die omhulsels is dieselfde. Dieselfde tipe papier. Slegs die dikte en die woorde binne verskil. Iemand wat niks van boeke weet nie mag dalk tot die gevolgtrekking kom dat die dik boek ontwikkel het vanuit die dun een. Die regte rede vir die ooreenkomste is egter dat die publiseerder 'n spesifieke manier ontwerp het wat hy gebruik vir die boeke in die reeks. Evolusie is slegs een van die moontlike redes vir die ooreenkoms. Die feit dat beide ontstaan het vanuit die gedagtes van een ontwerper is dikwels die rede agter die ooreenstemmende ontwerp. Ooreenkomste van die ontwerp is nie 'n bewys dat daar nie 'n ontwerper was nie.

Onthou dit is hier wanneer evolusioniste beweer dat alle lewe ontwikkel het van 'n enkele sel omdat alle lewende dinge dieselfde DNA gebaseerde sisteem het. Baie wie die ooreenkoms van die ontwerp beweer dat alle lewe begin het by een sel draai later terug en weerspreek hulself met verklarings dat lewe begin het en RNA en DNA later gekom het. Ander evolusioniste wie weet dat RNA of hul kernproteïne nie boublokke sal vorm buite lewende dinge nie, beweer dat die eerste lewe moes die een of ander stof gewees het baie eenvoudiger as ieder DNA of RNA.

'n Persoon wie belangstel in die skepping/evolusie debat het geskryf dat toe hy 'n student was, een van sy professore aan elke persoon in die klas 'n verskeidenheid van spykers, skroewe, boute en ander klein voorwerpe gegee het. Hy het gesê dat dit hulle sal help om evolusie te verstaan deur met die eenvoudigste artikel te begin en in orde te plaas van hul evolusionere orde. Hy het dit gedoen en gevoel dat dit van hom 'n beter evolusionis maak. Nadat hy huistoe is het hy agtergekom dat elkeen van daardie voorwerpe ontwerp is en in 'n fabriek gemaak is. Nie een het ontwikkel nie! Die feit dat dinge in orde geplaas kan word van eenvoudig na kompleks is gewoonlik nie 'n bewys van evolusie nie. 'n Eenvoudige ontwerper is 'n beter verduideliking vir ooreenkomste tussen lewende wesens.

Dink 'n oomblik aan die vermoë om te vlieg. Dit is onwaarskynlik dat evolusie hierdie vermoë deelagtig kan maak. Dit vereis die gelyktydige aanwesigheid van eienskappe in die brein, senuwee, sening, spiere, bloedvate, bene, ens, om almal gekoördineerd saam te werk. Evolusioniste sê gewoonlik dit is natuurlike seleksie wat met tyd elke deel perfek laat saamwerk het maar natuurlike seleksie kon niks doen om 'n perfekte veer, 'n spier of wat ookal vir vlug teweeg te bring nie tot nadat dit alreeds gewerk het nie en was so gekoördineerd dat 'n voël kon vlieg.

Wat vlug selfs 'n groter probleem maak vir evolusie is dat vlug voorkom in 'n groot verskeidenheid van vorme van lewe:

Insekte
Voëls
Dinosaurusse
Vlermuise

Evolusioniste sê dat geen gedierte met vlerke ontwikkel het van enige ander gedierte met vlerke nie maar dat elk ontwikkel het van verskillende voorvaders sonder vlerke. Indien dit gebeur het hoekom is daar geen fossiel bewyse daarvan nie? Die oudste fossiel van 'n vlermuis, insek, vlieënde dinosaurus of voël, is almal volledig gevorm: vlermuis, insek, dinosaurus en voël. Hulle ooreenkomste word die beste verduidelik deur te erken dat almal ontwerp is deur dieselfde God.

Evolusioniste vra van ons om te glo dat die oorenkomste tussen voëls na vlermuise geen verwantskap toon nie terwyl hulle ter selfde tyd ons vra om te glo dat die ooreenkomste tussen mens en aap wys dat ons van dieselfde voorvader afkomstig is.
 

Hoofstuk 3 · "Vergelykende Anatomie"
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap03_af.htm>

Main:  Intro
www.creationism.org