Die Verdwynende Bewyse van Evolusie
Boek deur:  Thomas F. Heinze  ·  ©2005  ·  96 bladsye
  Tuisblad: Afrikaans
      Introduction
Hoofstuk 1
  Hoofstuk 2
  Hoofstuk 3
  Hoofstuk 4
  Hoofstuk 5
  Hoofstuk 6
  Hoofstuk 7
  Hoofstuk 8
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap01_af.htm>
Hoofstuk 1
Pepermotte: Beste Bewyse Vir Evolusie?

Motte en vlinders het ‘n ongelooflike lewenssiklus. Hulle lewe begin as ‘n eier waaruit ruspes uitbroei, eet, groei en gaan dan deur ‘n papie (chrysalis) fase en spin dikwels ‘n koekon. In hierdie fase smelt die ruspe eintlik in ‘n taai vloeistof en word verander in ‘n vlinder of mot met twee saamgestelde oë eerder as ses eenvoudige oë soos die van die ruspe, ses bene in plaas van die oorspronklike 16, ens. Dit het voorplantingsorgane wat ruspes nie gehad het nie en vlerke wat opvul, oop gaan en waarmee hulle dan vlieg. Hierdie proses word genoem metamorfose. Met geen vlieg of navigasie lesse nie, vlieg monarg vlinders nie alleen met hul nuwe vlerke nie maar gebruik ook hulle instrumente om duisende myle te vlieg na ‘n spesifieke plek, somtyds na ‘n spesifieke boom in Kalifornië of Mexico waar hul voorouers die laaste winter spandeer het.

Evolusioniste eis dat alle diere ontwikkel het vanaf ‘n primitiewe, een-sellige gedierte soos natuurlike seleksie in mutaties werk: foute in die kopiëring van die DNA om dit oor te dra na die volgende generasie.

Wie het eerste ontwikkel, die komplekse vlieënde mot of die relatiewe eenvoudige ruspe met geen vlerke of voortplantingsorgane nie? Nie een nie! Wanneer me Mot haar eieres lê, bevat dit reeds die DNA om aanduidings te gee om ‘n ruspe te word en dan die papie fase waarin sy organe smelt in ‘n vloeistof en dan ‘n mot word! Daar is geen! Al die informasie is reeds teenwoordig in die DNA om die proses aan te dui vanaf eier na ruspe na taai vloeistof tot vlinder of mot. Volgens my kennis is geen redelike manier nog gevind of opgedroom waarin mutasies DNA kan verander om komplekse programme te produseer vir die mot se vier verskillende maar dog perfekte fases nie: eier, ruspe, papie en mot.

Die Beste Bewyse?

Ten spyte van die feit dat niemand weet hoe die mot ontwikkel het nie, bevorder byne elke teksboek evolusie sedert die 1960’s en gebruik die pepermot as pryswennende bewys om hul onderrig van evolusie te staaf. Jy sal seker die prente van ligte en donker pepermotte onthou wat sit op ‘n ligte en donker stam van ‘n boom. (Sien Figuur 1.) Voor die industriële revolusie was amper alle pepermotte in Engeland lig van kleur met ‘n mengsel van ligte en donker skubbe op hul vlerke. Wanneer hulle rus, lyk hulle baie soos mos wat voorkom op baie bome. Met die koms van die industriële revolusie het die mos dood gegaan en het die boombas donker geraak van die rook van die industrie. Dit het die gekleurde motte beroof van hul beskermende kleur. Teksboeke beweer dat die voëls hulle toe opgemerk het en begin eet het. Voor lank was die meeste motte donker van kleur.


Richard C. Lewontin, Adaptation, Scientific
American, Sept. 1978, pg. 212. Figuur 1

Ten spyte daarvan hoe teksboeke dit afmaak as “bewys van evolusie”, het die verklarings agter hierdie eksperimente onder skoot gekom. ‘n Onlangse boek verduidelik:

“Hulle was en word steeds geag as ‘Darwin se verlore bewyse’ ...’evolusie in aksie.’ Die geskiedenis van die pepermot het ‘n oorlogsveld geword, die omstredenheid word elke dag ontsteek.” (1)

Hoekom dan al hierdie belangstelling in die studie van motte? Darwin se teorie het vroeg in die 20ste eeu begin versprei. Evolusioniste het desperaat geword. Dit het meer en meer duidelik geword dat daar geen wetenskaplike bewys was om hierdie teorie te staaf nie. Miskien was die verandering in die pepermot se populasie nodig gewees om Darwin se teorie te staaf.

Bernard Kettlewell, ‘n mediese dokter, en mot en vlinder kenner, het die pepermot bestudeer. Hy was oortuig daarvan dat die donker pepermot se aanwas vermeerder het omdat hulle kamoeflering beter was op die rook verdonkerde bome. Hy het sy eksperiment opgestel om dit te bewys. Hooper het geskryf dat Kettlewell se motte:

“...die mees gevierde eksperiment nog gewrod het in evolusionêre biologie. Teen die 1960’s het die motte al wat ‘n tekboek is oorheers wat die gedagtes van ons biologie studente vir vier dekades lank beïnvloed het. Dit is die oorwinning vir natuurlike seleksie, ‘n paradigmatiese storie wat hoërskool en universiteits student omskep het in Darwinisme, die dinamiese linker haakhou na die kakebeen van kreasionisme.” (2)

Voord die motte se linker haakhou geplant is, het ander uitsonderlike bewyse vir evolusie die kakebeen van kreasionisme getref. Vir 40 jaar het Piltdown man bekwaam aanhangers van die skepping geklop tot 1953 toe dit ontdek is dat hierdie bekende aapman ‘n doelbewuste leuen was: ‘n aap se kakebeen is gebruik en gelas met die kopbeen van ‘n ouer mens! Nadat Piltdown kreasioniste gesklop het vir 40 jaar het iemand opgemerk dat sy tande steeds die merke getoon het soos dit geveil was om die onder tande beter te laat pas by die boonste tande. Baie skaam het die evolusioniste die Pitldown leuen laat vaar.

‘n Reeks van perde fossiele het toe die mees kragtigste bewys vir evolusie geword. Hierdie fossiele het klem daarop gelê om te wys deur watter stadiums die dier gegaan het van drie en vier tone, na ‘n meer eenvoudige (nie meer komplekse nie), ontwikkeling na die een toon op een voet van die moderne perd. Hierdie linker haakhou na kreasionisme het gelydelik sy krag verloor soos meer en meer fossiele gevind is. Die diere het nie een na die ander geleef in ‘n netjiese evolusionêre progressie nie. Hulle het saam met mekaar deur die woud gehardloop.

Craig Holdrege,’n Amerikaanse biologie onderwyser wie die mot eksperiment gebruik het om sy studente te leer, het iets gelees geskryf deur ‘n Engelse pepermot navorser en vriend van Kettlewell toe hy getref is deur hierdie woorde:

“In 25 jaar het ons slegs twee betularia [pepermotte] gevind op ‘n boom se stam...” (3)

Kettlewell se bewys van pepermot evolusie het afgehang van slegs motte wat op boomstamme gesit het waar voëls hulle kon sien en gevang het. Holdrege het besef dat wat hy vir jare aan ander geleer het verkeerd was. Onder normale omstandighede het pepermotte byne nooit op boomstamme gaan sit nie! Die feit is egter dat pepermotte in die nag aktief is en op die laer kant van die boomtakke sit gedurende die dag in die koelte. (4)

Die prente van motte op boomstamme in die teksboeke is twee soorte. Vir die eerste prente het Kettlewell lewende motte op boomstamme gesit. (5) Latere pente wys dooie motte wat vas is aan boomstamme. (6) Hooper sê,

Teen die vroeë 90’s, indien nie vroeër nie, wat dit bekend aan ‘n klein groepie wetenskaplikes dat wat in elke teksboek staan in die Darwinistiese heelal, oor industriële melanisme, onwaar was.” (7)

“Industriële melanisme” word hier gebruik om te verwys na natuurlike seleksie wat donker motte bevoordeel nadat industrië die omgewing besoedel het.

Die meeste wetenskaplikes wad egter onbewus van die probleme. Jerry Coyne, ‘n professor by die Universiteit van Chicago, het dit agtergekom toe hy die boek van Michael Majerus 1998 se boek gelees het, Melanism: Evolution in Action. Toe Coyne besef dat wat hy vir jare aan ander geleer het ten minste gedeeltelik vals was, was hy “geskok”.” Hy het die volgende geskryf in sy resensie oor Majerus se boek vir die joernaal Nature:

“My eie reaksie steem ooreen met my misnoë oor my ontdekking op die ouderdom van ses, dat dit my pa was en nie Kersvader wat geskenke gebring het ou-Kersaand nie.” (8)

Met die meer intense ondersoeke het baie evolusioniste groter probleme ontdek met hul “mees gevierde eksperiment ooit in evolusionêre biologie.” Hier volg ‘n paar:

“Dit gebeur nie... David West het dit probeer. Cyril Clark het dit probeer. Ek het dit probeer. Almal het dit probeer. Niemand kry dit reg nie.” (15)
Wanneer die mense begin verstaan dat hierdie bekende eksperiment nie bewys wat dit sê dit bewys nie, hulle een van twee houdings inneem. Michael Majerus het die boek geskryf wat eerste die valse wetenskap oopgevlek het. Hy sê dit leer kinders om te glo in natuurlike seleksie, wat waar is, so ons moet dit steeds gebruik al was die eksperiment vals.

Die ander houding wat waargeneem kan word is in Jerry Coyne wie die resensie geskryf het vir Majerus se boek. Hy was geskok toe hy uitgevind het dat hy gekul is om iets aan ander te leer wat vals is. Omdat hy van die waarheid in wetenskap en in wetenskaplike boeke hou, het hy geweier om aan ander die slinkse bewyse te leer.

Wat sal die skoolboeke doen? Op die stadium is hierdie “bewys van evolusie” steeds in alle standaard teksboeke as bewys dat evolusie plaasvind, (16). Die meeste huidige teksboeke het dit nie in nie.
 

“Opwaartse Evolusie” ‘n Mite

Selfs ‘n groter probleem is die feit dat hierdie oortuigende argument vir evolusie nooit enige opwaatse ontwikkeling toon nie maar horisontaal. Donker gekleurde pepermotte is nie meer ontwikkeld as lig kleurige pepermotte nie en pepermotte het nog nooit iets anders geword as pepermotte nie. Geen een van hulle het ooit ‘n vlermuis of suikerbekkie of selfs ‘n ander tipe mot geword nie. Net die kleur het verander. Nog meer, toe ekologiese bewustheid later veroorsaak het dat die industriële rook skoon gemaak word, het baie van die bome teruggekeer na hul vorige ligte kleur, en die motte het ook.

Sou toekomstige teksboek skrywers die pepermot argument gebruik of nie, het baie toe ek op skool was dit beskou as “die storie wat hoërskool en universiteits studente omgekeer het na Darwinisme, die dodelike linker haakhou na die kakebeen van kreasionisme.” (17)

As jy in evolusie glo, is die storie van die pepermotte op boomstamme wat deur die voëls gevreet word waarskynlik die een wat jou oortuig het.

Om te benadruk watter invloed die mot storie op ons gemaak het, het Hooper haar laaste hoofstuk genoem, “A Damn Good Story.” Dit was sekerlik ‘n oortuigende storie, en dit is wat sy bedoel het, maar dit was ook ‘n verdoemende storie. Jesus Christus het gesê:

“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Joh 14:6)

Baie het nog nie na die Vader gekom deur Jesus Christus nie omrede hulle skoolboeke hulle oortuig het om in evolusie te glo, ‘n manier wat baie geleer het om te twyfel, skeptisisties en ateïsmies te wees. Niemand kom na die Vader behalwe deur Jesus Christus nie. Ons het daardie outoriteiet van Jesus wie die waarheid is.

Indien pepermotte jou gehelp het in jou geloof in Darwinisme, is jou jou geloof gedeeltelik gebou op bewyse wat jy weet vals is. Nie alle bewyse was vals nie, selfs al was dit waar, was dit nie opwaarts nie. Die pepermot is ‘n bewys van horisontale ontwikkeling. Dit bewys slegs dat pepermotte in meer as een kleur kan voorkom.
 
 

Endnotas

1  Judith Hooper, Of Moths and Men: an Evolutionary Tail, 2002, p. XV.

2  Judith Hooper, Of Moths and Men: an Evolutionary Tail, 2002, p. XVII.

3  Ibid., p. XVIII.

4  Ibid., pp. 260, 262, 265-266.

5  lbid., pp. 172:5-6, 264.

6  Ibid., pp. 172:16-17, 264.

7  Hooper, p. 265.

8  Jerry Coyne, "Not Black and White," ‘n oorsig van Michael Majerus's Melanism: Evolution in Action, Nature 396, 1998, pp. 35-36, gerapporteer in Jonathan Wells, Icons of Evolution, Science or Myth? 2002, p. 157. Sie ook Hooper pp. 283-286.

9  Hooper, pp.110, 114, 260.

10  Hooper, pp. 218, 265.

11  Hooper, p.267.

12  Hooper, pp.243, 258.

13  Hooper, pp. 256-257, 292.

14  Hooper, pp. 280-282, 287.

15  Hooper, p. 296, haal aan Professor Bruce Grant van die College of William and Mary in Virginia. Sien ook p. 272.

16  Prentice Hall, Biology, the Living Science, 1998, p. 233; Adison-Wesley, Biology, 2nd Uitgawe, p. 251; en meeste biologie teksboeke.

17  Hooper, pp. XVII.
 

Chapter 1 · "Pepermotte: Beste Bewyse Vir Evolusie?"
<http://www.creationism.org/afrikaans/HeinzeVanishChap01_af.htm>

Main:  Intro
www.creationism.org